welkom

BY DIE FUNDA ONTDEKKINGSENTRUM

wat bied ons aan

‘n Besoek aan die Voortrekkermonument Erfenisterrein en die Funda Ontdekkingsentrum bevorder en ontwikkel ‘n verstandhouding en waardering van Suid-Afrika en sy ryk kulturele erfenis. Ontdek ons ryke geskiedenis deur die Voortrekkermonument, Fort Schanksop, Erfenissentrum en Funda Ontdekkingsentrum te verken.

Die programme en interaktiewe aktiwiteite wat ons aanbied is KABV-uitkomsgebaseerd en teiken die Sosiale Wetenskappe, Tegnologie, Natuurwetenskappe, Kuns en Kultuur, en Ontwerp. Spesifieke leerplantemas word aangebied d.m.v. ‘n inleiding, skattejag, gevolg deur interaktiewe besprekings.

programme & aktiwiteite

‘n Besoek aan die Voortrekkermonument Erfenisterrein en die Funda Ontdekkingsentrum bevorder en ontwikkel ‘n begrip en waardering vir Suid-Afrika en sy ryk kulturele erfenis. Die programme wat ons aanbied is uitkomsgebaseerd en teiken die Sosiale Wetenskappe, Tegnologie, Natuurwetenskappe, en Kuns en Kultuur. Baie van die programme vind plaas in die Funda Ontdekkingsentrum wat ontwerp is om die nasionale kurrikulum te akkommodeer.

interaktiewe kaart

FUNDA ONTDEKKINGSENTRUM INTERAKTIEWE KAART
FOYER ONTVANGS VOEDSEL NEDERSETTING HOUT GLAS TEKSTIEL METAAL LEER KLEI KERAMIEK GRAS WEERSTASIE OUDITORIUM BROODOONDE OU KOMBUIS-UITSTALLING

FOYER

Elke land het sy eie nasionale simbole. Nasionale simbole sluit Suid-Afrika se Wapenskild, Landslied, Parlementêre Simbole, en Landsvlag in. Daar is ook sekondêre nasionale simbole soos biome wat ons nasionale blom, boom, dier, voël en vis insluit.

 

ONTVANGS

Spesifieke temas uit die sillabus word aangebied deur 'n inleiding, 'n skattejag (ook vir tuisonderrig), gevolg deur interaktiewe besprekings. Alhoewel skoolgroepe die belangrikste teiken is, kan die Funda ook gebruik word vir 'n verskeidenheid opvoedkundige werksessies en ander verrykingskursusse. Dit bestaan ​​uit drie hoofareas: die ouditorium, die voorportaal en die uitstalling met tradisionele buitelugaktiwiteite.

 

VOEDSEL

Die mens het vir duisende jare oorleef deur wilde plante en diere in sy omgewing te versamel. Aangesien mans gewoonlik gejag het, was vrouens en kinders meestal verantwoordelik om eetbare veldkos te versamel. Bessies, neute en vrugte is gepluk terwyl ondergrondse bolle, knolle en wortels met skerpgemaakte stokke uitgegrawe is. Naas plante, is heuning, insekte, voëleiers en klein diertjies ook versamel.

 

NEDERSETTING

‘Nedersetting’ is wanneer die mens sy omgewing só verander dat hy spesifieke aktiwiteite binne spesifieke ruimtes kan beoefen.  Sodoende ontstaan kulturele diversiteit en ooreenkomste, sosio-ekonomiese stelsels en interaksie tussen mens en omgewing.  Nedersettings kan versprei of gekonsentreerd en permanent of tydelik wees.  Tasbare bewyse bestaan van verskillende samelewings wat oor tyd heen deur die landskap beweeg het.

 

HOUT

Hout is ‘n intrinsieke deel van die mens se bestaan en ontwikkeling. Die antieke Egiptiese, Midde-Oosterse en Chinese beskawings was van die eerste houthandelaars. Hulle het verskillende soorte hout in- en uitgevoer om waens, voertuie, ornamente, bote en musiekinstrumente te maak. Bekende houtsoorte waarmee handel gedryf is in dié tyd, was esdoring-, seder- en wilgerhout. Houtbote en –skepe het mense in staat gestel om langer afstande rivierlangs af te lê, asook om seë en oseane oor te steek. Gevolglik is ‘n nuwe handels- en ontdekkingswêreld ontwikkel.

 

GLAS

Glas het bygedra tot die uitbreiding van kennis van die natuurlike en fisiese wêreld deur nuwe wetenskaplike instrumente te voorsien. Sonder deursigtige glas, byvoorbeeld, sou die ontdekking van die gaswette nooit gebeur het nie en sou die stoomenjin, binnebrandmasjien, elektrisiteit, gloeilamp, kamera en televisie nie bestaan het nie. Die gebruik van glasinstrumente het ‘n omwenteling in denke oor die heelal en die buitenste ruim gebring en ons begrip van kosmologie verander. Dit wat ons vandag van seldeling en genetika verstaan sowel as die ontdekking van DNA sou nie sonder glas moontlik gewees het nie.

 

TEKSTIEL

Tekstiel was sedert sy ontstaan ‘n belangrike handelsitem. Syhandel het China en Europa verbind. Materiaal en kleurstof is selfs voor die Middeleeue uit Europa en Indië na Sub-Sahara Afrika versprei. Skeepseile en –ankertoue is van sterk linnedoek gemaak. Skepe het goedere soos tekstiel tussen kontinente vervoer. Arabies-Swahili-handelsnetwerk het Indië en die Verre Ooste met Afrika verbind. Die eerste vliegtuigvlerke was ook van linne gemaak.

 

METAAL

Metallurgie is die studie van die wetenskap en tegnologie van die eienskappe, vervaardiging en suiwering van metale. Metale word deur prosesse soos giet, smee, uitrol, laserbekleding en uitvloeiing (ekstrusie) verwerk. Die Industriële Rewolusie het teen 1760 in Engeland ontstaan. Dit word deur die oorgang van hand- na masjienvervaardigde produkte en strukture gekenmerk. Hierdie oorgang het gelei tot die wêreldwye opkoms van fabrieke, nuwe vervaardigingsprosesse en die toenemende gebruik van stoomkrag.

 

LEER

Leer word van die velle van kleiner soogdiere, reptiele en voëls gemaak en die huide van beeste en ander groot boksoorte. Huide en velle kom oorspronklik van wilde diere af wat vir hul vleis gejag is, maar is vandag meestal van diere wat op plase geteel word. Leer is ‘n veelsydige, natuurlike materiaal en elke produk beskik oor sy eie unieke eienskappe. Gehalte word deur die dier se ouderdom bepaal, aangesien ouer huide en velle minder soepel is en ‘n growwer tekstuur het. Leer kan hard en duursaam of plooibaar en sterk wees, maar is geneig om mettertyd uit te droog.

 

KLEI

Klei is die produk van duisende jare se intensiewe geologiese rotsverwering. Twee bekende soorte klei is kaolien en terracotta. Grond word met water gemeng om dit plooibaar te maak en die kleivoorwerp word dan uitgedroog. Klei word hard en duursaam wanneer dit gebak word. Pottebakkerswerk sluit alle keramiekware in wat van klei gemaak is.

 

KERAMIEK

Die beskikbaarheid van klei, hoë temperature, tyd, vaardighede en aanvraag het die globale produksie en gebruik van keramiekware beïnvloed. Die oudste kleivoorwerpe is vir religieuse of magiese doeleindes gemaak. Later is erdeflesse gemaak vir die versameling, gaarmaak en berging van voedsel en vloeistof asook luukshede soos parfuum, olies en wyn.

 

GRAS

Mandjiewerk is ‘n kunsvlyt wat oor die laaste 10 000 jaar vervolmaak is. Produkte is tydloos, inheems en ‘n toonbeeld van ons kollektiewe kreatiwiteit. Hierdie tasbare kultuurprodukte weerspieël ons ontwikkeling en aanpassing by veranderende omgewings. Mense het viskuipe, matte, hoede, biersiwwe en ‘n verskeidenheid mandjies van plantmateriaal gemaak. Mandjies is vir die verbouing van gewasse, huishoudelike gebruik en vir die berging van handelsware aangewend.

 

WEERSTASIE

Skolastiese weerhulpmiddels kan studente help om hul prestasies in wetenskap en wiskunde te verbeter, en die gebruik van rekenaar- en netwerktegnologie. Leerders is gefassineerd om ware-tydse veranderinge in die weer te monitor, asook om die data self in te samel en te ontleed. Die voordeel van 'n digitale weerstasiekonsole binnenshuis beteken dat studente vanuit die gemak van hul klaskamer weer 'n weermetingprojekte kan onderneem, sonder om buite te gaan tydens swak weersomstandighede.

 

OUDITORIUM

Daar is verskeie rotskunstradisies, insluitend tekeninge en gravure wat met San jagter-versamelaars, asook Khoikhoi-verheerders en vroeë landbouers verbind word. Rotskuns is vir verskillende redes geskep. Dit word algemeen aanvaar dat die meeste San, en waarskynlik ook Khoikhoi-kuns, ‘n shamanistiese godsdienstige kunsvorm is. Sommige vroeë landbouerkuns is ook vir rituele doeleindes geskep.

 

BROODOONDE

Ongeveer 5 000 jaar gelede was die Mesopotamiërs en Egiptenare die eerste mense wat brood in verhitte kleipotte onderstebo oor ‘n vuur gebak het. Dit was die eerste keer dat voedsel met hitte van alle kante af gaargemaak is. Die Grieke het later hierdie “oonde” verbeter deur ‘n vloer by te voeg. In Suid-Afrika het die Voortrekkers dikwels uitgeholde miershope gebruik om in te bak.

 

OU KOMBUIS-UITSTALLING

Voor die 1930’s was die kombuis ‘n aparte ruimte buite die huis, of ver weg van die leefruimtes. Kombuiskaste was losstaande en daar was nie ‘n standaardhoogte vir werksoppervlaktes nie. ‘n Kombuis sou ‘n wasbak, stoof en miskien ‘n kas vir glasware hê en water is meestal uit ‘n put buite die huis aangedra. Ontwerpers het vaartbelynde werksplekke geskep sodat vroue minder tyd in die kombuis hoef deur te bring, en die idee van die ‘werksdriehoek’ (bestaande uit die wasbak, yskas en stoof), is deur Lillian Gilbreth ontwikkel.

 

BESPREEK JOU UITSTAPPIE

R60

1.5 – 3 ure

Die Voortrekkermonument

Begeleide toer deur die Heldesaal, Senotaafsaal en Museum. Temas: Groot Trek, pionierleefstyl, die Voortrekker-monument. Spesiale fokuspunte kan aangepas word op versoek.

KABV: Gr 1 – 12

R75

3 URE

Toe & Nou 1

Inleiding: vroeë gemeentskappe – die San, broodbak, FOS-skattejag-aktiwiteite, Zuluhut, weerverslag.

KABV: Gr 1 LV en Wisk

 

R75

3 URE

Jagter-versamelaars tot die moderne mens 4

Vervoer, kommunikasie, die San, nedersettings, kos, broodbak, FOS-skattejag-aktiwiteite, boerdery, water, die weer.

KABV: Gr 4 SW

R60

1.5 – 3 URE

Afrikanerbakens-uitstalling

Afrikanererfenis, Afrikanernasionalisme
KABV: Gr. 8 – 12

R60

1 UUR

Fort Schanskop

Begeleide toer, Anglo-Boereoorlog en boeresport

R80

3 URE

Pakket 1

Broodbak, Voortrekkermonumenttoer, Fort Schanskop and kanonskoot

Kontak ons